Dubbele teenliggaampies lyk belowend

ʼn Behandeling wat bestempel word as “dubbele teenliggaampie behandeling” werk glo die beste om pasiënte wie se immuunstelsel nie goed is nie, uitstekend te laat reageer.

 Dit is die bevinding van die maatskappy wat eers suksesvol was om ʼn entstof te registreer wat Ebola virus behandel.

Die Amerikaanse maatskappy, Regeneron, het die week gesê dat sy teenliggaampie middel vir nie gehospitaliseerde koronavirus pasiënte werklik belowende resultate lewer volgens die toetse wat uitgevoer word.

Die woordvoerder en president sê hulle is hoog bemoedig deur die konstante natuurlike resultate en is in gesprek met die owerheid daaroor terwyl toetse nog deurlopend gedoen word.

Die Amerikaanse “Food and Drug Association” beskik oor die gesag om ʼn middel soos hierdie goed te keur om op pasiënte te gebruik wat in ʼn krisis verkeer terwyl die middle nog nie geregistreer is nie.