Dlamini-Zuma wil nou opleiding gee

Die ANC se Minister Dlamini-Zuma het aangekondig dat nuwe regulasies van toepassing gemaak gaan word op munisipaliteite.

Van die vreemde veranderings is ondermeer dat ʼn munisipaliteit nie minder as 10 raadslede mag he nie, en dat opleiding aan die werkers gegee moet word.

Kenners wys daarop dat die minister daarmee erken dat Suid-Afrika die afgelkope 25 jaar met onbekwame, onbevoegde, en onopgeleide mense die munisipaliteite bestuur het wat nou op enkeles na, almal bankrot is.

 Dlamini-Zuma  sê die nuwe regulasies behels ook

Raadslede wat skuldig bevind is aan ʼn oortreding mag vir 2 jaar nie weer op die raad dien nie.

Sy sê dit sal verpligtend wees dat voorsiening gemaak word vir ʼn speaker en n sweep in die raad, ampte wat in alle gevall;e van toepassing moes wees, maar wat die onbevoegdheid van munisipale rade beklemtoon as dit nou eers verpligtend word.