Die tragiese moord op jongman

Die tragiese moord op die jongman in die Senekal distrik het soveel emosie gewek dat dit gevaarlik na aan weerwraak optrede gekom het.

Die 22-jarige Brendin Horner is wreed vermoor en dit op die dag wat hy sy eerste jaar op die plaas gevier het.

Die saggeaarde jongman wat volgens familie nie :eers ʼn vlieg souseermaak nie”, is so wreed vermoor dat die emosie op die sosiale netwerk hoog geloop het en verskeie opmerkings van weerwraak is later geskrap.

Duisende mense het saamgedrom by die Senekal landdroshof waar die verdagte se vooraf verhoor plaasgevind het.

Brendin is summier doodgeskiet in die Paul Roux omgewing waarna sy lewelose liggaam later aan ʼn paal gevind is met gesig en kop beserings wat onbeskryflik is.