Die ANC regering se megastad

Die aankondiging wat president Cyril Ramaphosa gedoen het die afgelope Sondag, het nie ongemerk verbygegaan nie, maar is ook nie sonder ʼn klap na blankes gemaak nie.

Die blankes sit in hulle luukse woonbuurte terwyl die massa swartmense ingedruk is in die swart woongebiede van die stede en dorpe, het die president gesê.

Dit het hom dan ook tot die aankondiging gebring van die oprigting van ʼn megastad, maar dit is ʼn megastad met woonbuurte, nie met ʼn sakesentrum in die middel soos wat elke stad in die wêreld ingerig is nie.

Ramaphosa het Sondag die eerste fase van die megastad gelanseer as die Mooikloof Mega Woonbuurt Stad, wat in die Pretoria omgewing gevestig sal word.

Ramaphosa het gesê die Mooikloof projek is die uitkoms van ʼn baie suksesvolle openbare proses en ʼn voorbeeld van hoe elke sektor kan werk na ʼn suksesvolle projek wat tot almal se voordeel kan strek.

Ramaphosa het sy toespraak begin deur gelukwense te bring aan die ontwikkelaars, Balwin Properties, wat saam met die provinsiale regering en die groter Pretoria gewerk het om die ontwikkeling te doen.

Ingeligte bronne het aan Die Vryburger genoem dat die woonbuurt ontwikkeling ten doel het om die naamsverandering van die stad moontlik te maak.

Kenners het gesê indien die stad bedoel is om slegs ʼn woonbuurt te word, en geen sakeondernemings ingebou is nie, sal die stad gedoem wees tot algehele mislukking.

Sowat 50,000 wooneenhede sal opgerig word, wat dit die grootste van sy soort in die land sal maak, en het uiteindelik ook bevestig dat skole, winkels en ander sakeondernemings is die megastad se woonbuurt sal wees/