Covid-19 laat regerings bontstaan

Toe die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, vroeg in die tyd van die koronavirus pandemie die wêreld gewaarsku het dat almal uiteindelik infeksie gaan opdoen as entstof nie gou geregistreer word nie, het duisende gedink sy praat onsin.

Nou laat die Covid-19 virus regerings en staatshoofde saam met gesondheid beamptes bontstaan om te probeer verhoed dat ʼn tweede pandemie die wêreld skud.

In Duitsland het Kanselier Merkel konsensus gekry met burgemeesters dat strenger inperkings maatreëls toegepas moet word om te voorkom dat die huidige toename van infeksie gevalle voortduur.

Madrid het skerp maatreëls ingestel en Spanje word selfs tot in die deelstaat Katelonie veel strenger beheer, en is ʼn noodtoestand afgekondig in die hele land weens die styging in infeksie gevalle.

In Brittanje heers ʼn soortgelyke posisie, terwyl die VSA en Indië steeds groter getalle infeksie aanmeld op ʼn daaglikse basis.

Frankryk was ook genoodsaak om strenger maatreëls in te stel aangesien sy daaglikse toename in nuwe infeksies nou meer is as met die eerste pandemie.

Die toedrag van sake veroorsaak dat daar paniek ontstaan deur inwoners en regerings van die wêreld, maar dit kan nie net baie menselewens opeis nie, dit kan ook ʼn enorme ineenstorting van die wêreld ekonomie teweegbring.