Cell C toon mijarde se verlies

Die selfoon maatskappy Cell C het bekend gemaak dat hy ʼn verlies van miljarde Rand getoon het vir die tydperk tot einde Junie vanjaar.

Die reuse verlies kom te midde van herstrukturering wat aangegaan is tesame met R5 miljard se gebruiksregte wat in gedrang gekom het.

ʼn Totaal van R7,5 miljard is aan verliese te wyte, en vergelyk minder gunstig teenoor 2019 toe ʼn wins van R90 miljoen gerealiseer het.

Die maatskappy het aanvanklik sy hoop gevestig op Telkom wat belangstelling getoon het vir ʼn oorname, maar die onderhandelings het nie geslaag nie.

Die vermindering in sakebedrywighede word toegeskryf aan die grendel tydperk wat bepaalde beperkings op almal geplaas het, en kan verwag word dat die volle gang van sake nog nie in die jongste kwartaal weerspieël word nie.