Britse regering keer vir Skotse onafhanklikheid

Die Verenigde Koninkryk is besig om planne te beraam ten einde te voorkom dat Skotland besluit om onafhanklik te word.

Die Skotse regering het die afgelope 5 jaar telkens gedreig dat hy weer ʼn referendum sal hou oor onafhanklik wording ten einde lid van die Europese Unie te word.

Volgens Bloomberg is die Konserwatiewe Party besig met die opstel van strategie om die Skotte teen te staan wat nou ernstig is oor onafhanklikheid.

Berigte lui dat die Konserwatiewe Party ʼn memorandum versprei onder uitgesoekte lede en sekere ministers, waarin bepaalde strategie aangetoon word wat kan verhoed dat Skotland tot afskeiding gaan.

Onbevestigde berigte lui dat vertragings taktiek vir goedkeuring van ê referendum die eerste stap sal wees, en dit kan vir lang tye ʼn dispuut situasie word, waarna ander metodes toegepas sal word om die Skotte te laat afsien van so ʼn stemming.