Britse parlement aanvaar omstrede wetgewing

Die Verenigde Koninkryk het in sy afgelope parlementsitting die omstrede wetsontwerp goedgekeur waarmee die ooreenkoms met die Europese Unie verbreek kan word.

Die wetsontwerp is met 340 stemme teen 256 goedgekeur, en word deur die Britte as “versekerings polis” beskou om in sekere gevalle die ooreenkoms met die EU te verbreek.

Die Europese Unie het gewaarsku dat die verbreking van die wettige ooreenkoms met die Verenigde Koninkryk, in die hof beslis sal word.

Die omstrede wet sal ministers die mag gee om die wettige ooreenkoms met die EU te verbreek, maar of die ooreenkoms wel verbreek sal word, is betwyfel en word deur ingeligte bronne gesien as ʼn hefboom om die EU te beweeg tot ʼn nuwe ooreenkoms.

Die EU het in ʼn verklaring gesê die optrede van die Britte is ʼn ernstige oortreding van die “Onttrekking Ooreenkoms” wat deur Eerste Minister Boris Johnson onderteken is gedurende Januarie vanjaar.