Brande eis lewens in Oekraine

Minstens vier mense het omgekom en tien is in hospitale opgeneem weens die woeste bosbrande in die oostelike deel van die Oekraine.

Die bosbrande wat oor ʼn wye gebied strek in die Luhansk gebied het buite beheer geraak en moes ʼn noodtoestand afgekondig word.

Die brande wat oor ʼn 18,000 hektaar strek het redding spanne se taak bemoeilik om sowat 120 mense na veiligheid te neem.

Die brande wed reeds vir etlike maande, en in Julie het een persoon omgekom en 9 moes hospitaal behandeling ontvang.

In twee van die kleiner dorpies het brande reeds sowat 30 woonhuise vernietig, en brandweer personeel veg verbete om te keer dat die brande nie nader aan die kernkrag aanleg kom wat elektrisiteit aan ʼn groot gebied lewer nie.

Die brande veroorsaak dat die lugbesoedeling in die hoofstad Kief die ergste ter wêreld geword het, maar te min reddingswerkers en brand bestryders is beskikbaar om die situasie om te keer nie.