Boere gee Cele 21 dae tyd

Die boere van die Vrystaat het die Minister van Polisie, Bheki Cele, drie weke tyd gegee om met ʼn veiligheidsplan na vore te kom om landbouers se veiligheid te verseker.

Die boere verwag dat die minister die plan in die gestelde 21 dae tydperk, tot uitvoering sal bring sodat hulle sowel as die plaaswerkers veiliger sal wees.

Die eis is aan minister Cele gestel en hy het na verneem word, daartoe ingestem om die boere te beveilig.

Cele het met komitees in die Paul Roux en Bethlehem distrikte vergader waartydens geëis is dat ʼn werkbare plan binne 21 dae ingestel sal word, wat noodsaaklik is na die gruwel moord plaasgevind het op ʼn jong plaasboer van Senekal distrik.

Waarnemers wys daarop dat die ANC nou geskrik het vir die voorval waar boere ʼn polisie voertuig omgekeer en aan die brand gesteek het uit frustrasie, maar wat die polisie minister laat besef het die boere se optrede raak gevaarlik en hy moes daarop reageer voor groter opstand ontketen word.