België kry regering na 16 maande

ʼn Waarnemers regering en ʼn minderheid van ʼn koalisie hou die land staande sedert Mei 2019 omdat geen party daarin kon slaag om ʼn wettige regering saam te stel nie.

Alexander De Croo is glo aangewys om die land se Eerste Minister te word, en sewe Belgiese politieke partye het ingestem om ʼn nuwe regering te vorm, en dit volg na sowat 500 dae na die parlementêre verkiesing gehou is.

B elgie is verdeel in die twee dele waarvan die Franssprekendes in die suide en die Vlaams sprekendes in die noorde van die land gevestig is.

Die koalisie is ook saamgestel sonder die sterk Vlaamse politieke leiers van Vlaams Belang wat nasionalisties is in hulle benaderings.

Die sewe partye in die koalisie wissel van Christen Demokrate tot Sosialiste, maar De Croo kon daarin slaag om al sewe te oorreed om met die begroting saam te leef en as koalisie die land te regeer.