Belarus: Talle lande roep diplomate terug

Boelgarye

Die regering in Boelgarye het sy ambassadeur in Belarus teruggeroep en doen dit in solidariteit met Litoue  en Pole.

Die Boelgaarse Minister van Buitelandse Sake, Ekaterina Zaharieva, het bevestig da thy ter ondersteuning van die ander lande optree teen die ondemokratiese bewind van Belarus.

“Met die stap bevestig Boelgarye sy solidariteit met ander Europese Unie lidlande”, het die minister gesê.

Benewens die twee lande se optrede om hulle ambassadeurs te onttrek uit Belarus, het nog vier lande gevolg, waarvan Duitsland eerste was.

Die onttrekking van talle lande se ambassadeurs het Belarus in ʼn uiters negatiewe posisie geplaas in veral die Europese lande, en kan ook ʼn nadelige invloed uitoefen op sy handelsbetrekkinge.

Intussen is verneem dat meer lande hulle ambassadeurs terug roep uit Belarus, waarvan die jongste die Tsjeggiese Republiek en Slowakye is.

Gedurende die afgelope naweek het Roemenië ook aangedui dat sy ambassadeur teruggeroep is uit Belarus.