Belarus protesteer al dreig polisie

Vir die tiende week van openbare protes waarin duisende kiesers deelneem teen die bewind van die president, het waarskuwings van die polisie op dowe ore geval.

Die Belarus polisie het gewaarsku dat diue straat optogte gestaak moet word, anders kan dit meebring dat lewendige ammunisie teen die protesteerders gebruik kan word.

Die protes optogte wat nou die tiende naweek agtereenvolgens gehou is, het nog geen sterk bydrae gelewer om president Lukashenko te beweeg om te bedank en ʼn nuwe verkiesing uit te skryf nie.

Baniere wat die vreesloosheid van die protesteerders toon, het groot spanning veroorsaak, veral die talle plakkate wat sê die regering en sy gewelddadige polisiebeamptes moet padgee uit die land.

Die rooi-en-wit vlae wat simbool is van die opposisieparty is die afgelope naweke gesien tussen die menigte skare wat in die hoofstad Minsk masseer het.

Die leier van die protesteerders, Anzhela Krasovskaya, het gesê die polisie se dreigement word getrotseer, want “daar is geen pad terug” wat die situasie in die land kan herstel nie.