Belarus dreig protesteerders met geweld

Die owerheid in Belarus het protesteerders gewaarsku dat die voortgang van hulle optrede begroet kan word deur gebruik te maak van lewendige ammunisie deur die polisie.

Die opposisie wat sterk gekant is teen die onwettige bewind van president Lukashenko, se verset optogte word volgens ʼn regerings woordvoerder, al meer radikaal wat die gebruik van vuurwapens noodsaaklik kan maak.

Honderde betogers is deur die polisie in aanhouding geplaas die afgelope naweek, en die owerheid is glo vasbeslote om meer ferm te handel teen die opponente.

Die dreigemente van die regering word deur menige Europese moondhede betreur en die moontlikheid is nie uitgesluit dat die Europese Unie sanksies teen die president en ander regeringshoofde instel nie, veral nadat die president nie meer erken word as wettige regeerder nie.

President Lukashenko het met afloop van die verkiesing beweer da thy 80% van die kiesers se steun geniet het, maar opposisie partye sê hulle beskik oor die meerderheid steun.