Bankrot Eskom se werkers staak

Ontevrede werkers by die staat entiteit Eskom, het besluit om te staak op die mees kritieke stadium van die bankrot krag voorsiener.

Eskom wat beskou moet word as een van die mees noodsaaklike entiteite van die staat, behoort nie die reg tot stakings toegelaat te word nie, maar die regime se liefde vir sy eie kultuur speel waarskynlik n belangrike rol, is die mening van ekonomiese waarnemers.

Bewerings van onreëlmatighede met die betaling van vergoeding het glo aanleiding gegee tot stakings by verskillende kragstasies, wat kan lei tot beurtkrag en verdere insinking van die ekonomie.

Die staking sal na verwagting ʼn hele paar dae voortgaan, en die hoop is uitgespreek dat dit nie van wye omvang sal wees nie en dat elke kragstasie steeds op volle kapasiteit sal funksioneer.

Intussen word berig dat die tegniese personeel van die ander ewe bankrot entiteit SAL ook van plan is om te staak, en dit kom terwyl die SAL spartel om finansieel staande te bly.