Angelo Agrizzi ongesteld weens borg weiering

Die voormalige hoof van bedryf in Bosassa, Angelo Agrizzi, wat onlangs gearresteer is weens betrokkenheid in ʼn korrupsie skandaal, is glo in ʼn stryd om lewe gewikkel in die hospitaal.

Hy word in ʼn private Hoé sorg eenheid gehou en sy regsverteenwoordiger, Daniel Witz, reken  sy kliënt se toestand word toegeskryf aan die feit dat sy aansoek om borg geweier is en dat hy dus agter tralies sal wees sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.

Witz sê sy kliënt se toestand het merkbaar agteruitgegaan toe hy in aanhouding was, en dit het gely tot opname in die hospitaal.

Agrizzi was vir weke die media se voorblad nuus met alles wat hy as fluitjie blaser bekend gemaak het, en wat gelei het tot die arrestasie van mense wat by die Staatskaping en korrupsie skandale betrokke was.

Die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping, wat onder voorsitterskap van regter Raymond Zondo plaasvind, het reeds tientalle mense laat getuig en ondervra wat ook gelei het tot ondervraging van Jacob Zuma, wat telkens probeer om die kommissie met allerlei verskonings te vermy.