ANC se Mosebenzi Zwane gaan sweet

Mosebenzi Zwane

Die voormalige ANC grootkop van die regering in die Vrystaat, Mosebenzi Zwane, het begin getuig in die Zondo Kommissie oor Staatskaping.

Mosebenzi Zwane se verskyning voor die kommissie volg nadat verskeie arrestasies in verband met die getuienis lewering oor die Vrystaat se tenders skandaal.

Besonderhede oor die asbes-skandaal waarby miljoene Rand se bedrog klaarblyklik nou oopgevlek word, is nou so omvangryk dat alle oë op Mosebenzi Zwane gerig sal wees oor wat hy kwytgeraak het.

Hy het in 2018 uit sy pos in die Vrystaat bedank na beskuldigings dat hy betrokke is by die R1 miljard korrupsie skandaal, en sy uiteensetting van gister se verhoor sal later bekend gemaak word.

Onbevestigde berigte lui dat hy en die ANC se Sekretaris-Generaal, Ace Magashule, ten nouste betrokke was by die onwettige tender en die Vrede Melkplaas bedrog waarby die Guptas ook betrokke was.