ANC in oorlog teen korrupsie?

Is die ANC regime werklik in ʼn oorlog gewikkel teen die veelvuldige korrupsie voorvalle in Suid-Afrika?

Dit is die vraag wat nou op menige se lippe hang, veral nadat bekend geword het dat sekere verdagtes se eiendom en besittings gekonfiskeer word en bankrekeninge gevries word.

Die Nasionale Vervolgings Gesag het Edwin Sodi se eiendom en bankrekening glo eerste hanteer, maar daar is ook meer onbeantwoorde  vrae wat hinder.

Dit is glo Ramaphosa se belofte dat korrupsie en bedrog nie geduld word nie, maar waarom sloer dit om Jacob Zuma se sake af te handel.

Die bewerings teen Ace Magashulke, sekretaris-generaal van die ANC, word nie vervolg nie te midde van vele bewerings dat hy op grootskaal betrokke was by ongerymdhede.

Waarnemers sê daar is nog veel meer gevalle, en hulle loop vry rond nadat hulle in die Zondo Kommissie se ondervragings antwoorde moes gee.