ANC betaal vliegtuig rit

Die ANC as politieke party het glo die verskuldigde bedrag betaal vir die vliegtuig wat wederregtelik gebruik is om ʼn afvaardiging na Zimbabwe te vervoer.

Die gebruik van die Nasionale Verdedigingsmag se vliegtuig het tot gevolg dat die president beveel het dat die party die koste van die vlug moet betaal.

Die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se salaris sal viir drie maande na die Solidariteit Fonds gaan, en nie in haar bankrekening kom nie, en die sowat R105,000 wat betaal word deur die ANC is minder as die helfte van die totale bedrag verskuldig.

Die werklike koste van so ʼn vlug na en van Zimbabwe word geraam op R230,000, maar ingeligte bronne reken die koste beloop veel meer as die slytasie en algemene loopkoste ook in berekening gebring word..