Al-Kaïda mees gesoekte leiersfiguur gedood

Abu Muhsin al-Masri, die Al-Kaïda terroriste se leier wat tweede in bevel is van die organisasie, en wat die mees gesoekte terroris is, is in ʼn spesiale operasie gedood.

Die Afghanistan se magte onder leiding van Westerse weermag offisiere, het die afgelope naweek n hewige aanval uitgevoer op ʼn terroriste basis van Al-Kaïda.

Abu Muhsin al-Masri was die mees gesoekte terroris van die Amerikaanse FBI, en sy dood is ʼn ernstige terugslag vir die Al-Kaida groep wat die afgelope maande verskeie terugslae gehad het.

Die Afghanistan Direktoraat van Veiligheid sê ʼn spesiale eenheid in die Ghazni provinsie het die leier doodgeskiet, en daarmee die terreur groep ʼn reuse terugslag gegee.