Agrizzi se toestand verswak

Die voormalige Bosassa hoof, Angelo Agrizzi, wat sukkel met sy gesondheid, en in die hospitaal opgeneem moes word nadat sy borgaansoek geweier is, se gesondheid het ʼn verdere terugslag gehad.

Woensdagmiddag het sy toestand verswak na ʼn beweerde hartaanval wat die algemene gesondheid nog verder versleg het.

Sy regsverteenwoordiger, Daniel Witz sê daar was nie tekens van verdere verswakking nie, maar Agrizzi se toestand is steeds baie ernstig.

Agrizzi is gearresteer op aanklag van korrupsie, en het een nag agter tralies deurgebring, waarna hy gehospitaliseer is weens swak gesondheid.

Die voormalige Bosassa werker word algemeen beskou as die fluitjie blaser wat met die Zondo Kommissie wou saamwerk om die korrupsie en diegene agter die Staatskaping se besonderhede openbaar maak.