Ace kan bekommerd wees

Die ANC se Sekretaris-Generaal, Ace Magashule, is toe nie gearresteer soos wat sommige media berigte gelui het nie.

Die lawaai wat gemaak is oor sy beweerde arrestasie het genoeg stof opgeskop om tog te verseker dat alhoewel hy nie gearresteer is nie, die kalklig nou vol op hom val.

Ingeligte bronne beweer dat Magashule rede het om ʼn bekommerde ANC te wees, want daar is net te veel beskuldigings teen hom gemaak oor korrupsie en wandade.

Die Sekretaris-Generaal toon glo geen teken van spanning of bekommernis nie, en gaan voort met sy werk en bly waarskynlik een van Zuma se groot aanhangers.

Bewerings word gemaak dat die arrestasies wel verwag kan word, veral as die beskuldigings wat gemaak word oor sy betrokkenheid by sekere projekte toe hy premier van die Vrystaat was.

Magashule is een van die ANC se hoogste ampsdraers en arrestasie van die man sal opslae veroorsaak, iets wat volgens politieke ontleders, nie nou wenslik sal wees vir die party wat volgende jaar half kreupel ʼn verkiesing moet veg nie.