Zuma systap weer die howe

Die voormalige ANC president, Jacob Zuma, en sy regsverteenwoordigers is blykbaar gesout in die verskillende opsies om die howe te ontduik.

Die oud-president het weer daarin geslaag om ook hierdie week nie in die hof te wees nie te midde van die feit dat die Nasionale Vervolgings Gesag druk uitgeoefen het om Zuma in die hof te kry oor die wapen skandaal.

Die saak wat nou reeds langer as tien jaar hangende is, kom nie tot ʼn einde nie want daar is genoeg bewyse dat Zuma woer-woer speel met die gereg.

Die uitgeslape manier waarop datums vasgestel word, moet telkens verander omdat dit met ander, ewe ernstige sake inmeng.

Die dreigemente teen Zuma se afwesigheid in die hof dra nie by tot ʼn nuwe oplossing nie, en wel wetende dat hy in die tronk kan  beland  word die verskonings telkens aangebied wat lei tot verdere uitstel.

Die Jacob Zuma Stigting huiwer nie om die skuld vierkantig op die skouers van die Nasionale Vervolgings Gesag se skouers te plaas nie.

Die staat word beskuldig daarvan dat die voorbereiding nie gedoen is deur die staat nie, wat veroorsaak dat die saak uitgestel word.