Zuma Stigting beskuldig Zondo Kommissie

Die stryd om die ANC se voormalige president, Jacob Zuma, buite die tronkdeure te hou, word nou wyer gevoer deur die Zuma Stigting ook te betrek in die stryd.

Die Jacob Gedleyihlekisa Mhlanganyelwa Zuma Stigting het die voorsitter van die Kommissie, regter Zondo, gevra om nie sy persoonlike aksies teen die voormalige president toe te laat om sy pligte en redelike oordeel te beïnvloed nie.

Die versoek en bedekte beskuldiging kom nadat die Kommissie gewaarsku het dat die Zuma strategie om hofsake en verhore te ontglip met allerlei verskonings en bewerings, nie langer verdra sal word nie.

Kenners reken die oud president se moontlikhede om verdere verhore te ontglip, al skraler geword het, en is die verwagting dat ouderdom en siekte die enigste twee opsies is wat oorgebly het, maar wat as onbetroubare verskonings aangehoor sal word.