Wild populasie daal met 68%

ʼn Omgewings bewerings organisasie het hul navorsing verslag bekend gemaak waarin aangedui word dat die wêreld se wild bevolking met 68% verminder het sedert 1970.

Studie word nou gedoen oor hoe die situasie omgekeer kan word om die natuurlewe in stand te hou terwille van die mens se voortbestaan op aarde.

Die Wêreld Wild-lewe Fonds het gesê die bevolking van die natuur het dramaties gedaal en nuwe inisiatief is nodig om die situasie om te keer.

Die organisasie sê die ernstige afname in getalle van die verskillende spesies is ʼn aanduiding dat die natuur se eindtyd gaan aanbreek as die mensdom nie ernstige pogings aanwend om dit om te keer nie.

Die planeet is besig om rooi ligte te laat flikker, en daarom het die Wêreld Wild-Lewe Fonds 4,000 spesies geïdentifiseer wat aandag moet kry om in getalle herstel te word na wat dit in die jare voor 1970 was.

Die organisasie wys daarop dat die herstel van die bye bevolking sekerlik een van die eerste en belangrikste projekte is wat wêreldwyd begin moet word.

Sekere gebiede ondervind groter afnames as ander, en in Sentraal Amerika en in Suid-Amerika is die afname in bevolkings soveel as 93%.