WGO gee AstraZeneca groen lig

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) het die reuse farmaseutiese maatskappy AstraZeneca die groen lig gegee om sy toetse met die ontwikkelde Covid entstof te hervat.

Die vervaardiger moes vir sowat twee weke ophou met toets van die entstof nadat die owerheid en die WGO dit beveel het weens die siekte wat ʼn pasiënt opgedoen het.

Die WGO sê die maatskappy kan voortgaan nadat sekerheid verkry is dat die pasiënt se siekte toestand nie verband hou met die toediening en toets met die virus entstof nie.

AstraZeneca het die naweek bekend gemaak dat sy toets program van die Covid-18 entstof hervat is nadat vasgestel is dat die siek pasiënt se toestand nie verband hou met die behandeling nie.

Bevestiging is ook verkry van die Mediese Gesondheid Reguleerder dat die entstof veilig is en voortgegaan kan word met die toets program waarby duisende vrywilligers betrokke is.