Wetenskaplikes vind molekule wat virus vernietig

Wetenskaplikes aan die Universiteit van Pittsburgh se Skool vir Medisyne het ʼn “baie klein biologiese molekule” ontdek wat volledige en spesifiek die virus neutraliseer wat die koronavirus veroorsaak.

Die teenliggaampie komponent is tien keer kleiner as ʼn vol grote teenliggaampie en is gebruik om ʼn medisyne, Ab8 te ontwikkel.

Die volledige verslag van die wetenskaplikes is Maandag op die joernaal, “Cell” gepubliseer , en die medikasie word beskou as ʼn potensiële middel teen die SARD-CoV-2.

Volgens die verslag is die middel hoogs doeltreffend teen die SARS-CoV-2 infeksie en beskik oor die eienskap om infeksie te voorkom.

 Aanvanklike toetse wat op muise uitgevoer is, toon ʼn 100% suksesvolle resultaat en word beskou as een van die mees doeltreffende middels wat dadelik gebruik kan word en wêreldwyd beskikbaar gestel kan word.

Etlike maande gelede het Die Vryburger ʼn soortgelyke berig geplaas van ʼn teenliggaampie wat in die VSA ontdek is en wat op soortgelyke resultate aanspraak maak.