Wet van Transvaal

Die plundering van belastingbetalers se gelde duur onverpoosd voort.   Die HUB van die Gautrein Bestuur Agentskap, William Dachs, het by Tesourie aanbeveel dat motoriste en belastingbetalers belas moet word om geld te genereer vir die uitbreiding van die Gautrein projek.

Volgens Dachs betaal motoriste nie hul gelyke deel in terme van belasting nie en die mislukking van die E-Tol stelsel maak die probleem nog groter. Indien dit nie gedoen kan word nie, word voorgestel dat gewone belasting verhoog moet word en/of dat  die brandstof heffing verhoog moet word.  Die opgraderings planne  gaan glo 20 -30 jaar duur met ‘n verdere 150km spoorlyn met 19 nuwe stasies.