Werkloosheidsfonds loop deur onder korrupsie

Al die senior beamptes in die Departement wat gemoeid is met die uitbetaling van geld uit die Fonds, en wat verband hou met die Pandemie Noodfonds, is geskors tot ʼn ondersoek afgehandel is.

Minister Thulas Nxesi het glo onverbiddelik opgetree teen almal wat betrokke is by die korrupsie waar miljoene Rand van die Noodfonds wan aangewend is.

Die Ouditeur-generaal het vasgestel dat grootskaalse onreelmatighede en bedrog gepleeg word met die uitbetaling van werkloosheid versekering aan mense wat dit wettiglik moes kry, maar wat ook aan ander uitbetaal is wat nie daarvoor kwalifiseer nie.

Die verwagting is dat diegene wat verantwoordelik is vir die uitbetalings aan spook werkers, persone wat reeds betalings ontvang het en mense wat hoegenaamd nie kwalifiseer nie, gaan voor die voet hulle werk verloor.

Tot hede kon slegs sowat 65% van die R40 miljard se uitbetalings geouditeer word, en is die Ouditeur-Generaal se kantoor steeds besig om die res van die betalings na te gaan.