Weermag sit sonder geld

Die Suid-Afrikaanse Departement van Verdediging het weer kommer gewek by die land se inwoners nadat verneem is dat die Weermag sonder geld is.

Die Verdedigingsmag se werksaamhede het feitlik tot stilstand gekom, en die afgelope paar jaar al meer agteruit gegaan wat beteken die land is n aangename skyf vir kapers en terroriste bewegings.

In die pas afgelope parlementêre aanbieding is gesê die Verdedigingsmag benodig n weermag bemanning van 77,000 maar n gemiddelde van 75,000 sal gedurende volgende jaar in diens wees.

Om dit te handhaaf, benodig die Departement meer as R3 miljard vir die boekjaar 2020-2021.

Ingeligte bronne wys daarop dat die Departement glo nie oor voldoende fondse beskik om die salarisse te betaal en die noodsaaklike funksies te verrig nie.

Die weermag se slaankrag is drie jaar gelede deur n onafhanklike instansie geëvalueer en is gevind dit is gelykstaande aan SA se weermag van 1930.

Met die huidige situasie word Suid-Afrika ʼn teiken wat gerieflik gekaap kan word deur diegene wat die land wil oorneem, is gesê.