Water voorraad gevaarlik laag

Die Departement van Water en Sanitasie het ʼn dringende beroep gedoen op die land se inwoners om water spaarsaam te gebruik.

Die reënseisoen het nog nie aangebreek in die noordelike dele van die land nie, en met Noord-Vrystaat , Natal en Sentraal Transvaal (Gauteng) asook Oos-Transvaal wat dig bevolkte gebiede het, kan die opgaardamme se huidige voorraad nie voldoende wees as die reen laat in die seisoen kom nie.

Die styging in temperatuur laat die verbruik skerp styg, en verdamping verhoog aansienlik, wat kan lei tot n ernstige tekort aan water in gebiede soos Sentraal Transvaal.

Natal se water voorraad is uiters laag en die aanvraag begin reeds toeneem wat die damme se watervlak vinnig verlaag.

Die Departement beweer ook dat die Covid-19 maatreëls die aanvraag na water verhoog het, en word water bestuur al moeiliker terwyl die vooruitsig op vroeë lentereën nie baie goed is nie.