Wapen skandaal hofsaak uitgestel

Die Nasionale Vervolgings Gesag het nou in sy eie voornemens misluk nadat bekend gemaak is dat hy “nie volledig gereed is” vir die hofsaak wat teen Jacob Zuma gevoer moet word in die Hooggeregshof van Pietermaritzburg nie.

Die woordvoerder van die Vervolgings gesag het bekend gemaak dat hulle met die Zuma-kamp ooreengekom het om die hof datum uit te stel.

Vroeër is gedreig dat Zuma onverwyld gearresteer sal word as hy nie die hofsaak kan of wil bywoon nie.

Zuma en die mede-beskuldigde Franse wapen vervaardiger Thales word aangekla van korrupsie, geldwassery en bedrog, wat alles verband hou met die wapen transaksies van meer as ʼn dekade gelede.

Politieke ontleders reken die moontlikheid is nie uitgesluit dat daar elemente in die vervolgers se geledere is wat Zuma goedgesind is en sorg dat hy die hofsaal vermy.