VW distansieer hom van Nazi-tekens

Die Duitse voertuigvervaardiger Volkswagen het sy teleurstelling en bekommernis uitgespreek oor die gebruik van die Nazi kentekens wat deur ʼn Meksikaanse voertuig verspreider gebruik word.

Volkswagen sê die optrede van die handelaar word “ten sterkste afgekeur” en kan nie onaangeraak gelaat word nie, en daarom word die agentskap vir die handelaar onverwyld gekanselleer.

Die Joodse organisasie, Simon Wiesenthal Center, het die vervaardiger geloof vir sy ferm en besliste optrede asook vir die vinnige handeling ter beskerming van diegene wat slagoffers was van die vroeëre ere.

Die Meksikaanse handelaar het glo ʼn Volkswagen Kewer en Nazi soldate in ʼn advertensie gehad ter bevordering van sy Volkswagen agentskap, maar dit is gou onder die aandag van die Duitse vervaardiger gebring wat glo vinnig ʼn einde aan die handelaar en sy advertensie gebring jet.