VSA wil Geveg in Oos-Europa stop

Die jare lange geskil tussen Armenië en Azerbaidjan het die afgelope weke so ontwikkel dat dit destabiliserende is vir die hele gebied.

 Die jongste voorvalle het reeds die lewens van minstens 16 militariste geëis, en word gesien as die ergste botsings tussen die twee lande sedert 2016.

Die Suid-Kaukasiese streek is ook die korridor vir pyplyne wat olie en gas na wêreld markte neem, en is nou midde in die gevaar sone waar die konflik ʼn gevaarlike stadium bereik het.

Die twee lande wat vroeër deel uitgemaak het van die ou Sowjet Rusland het ʼn lang geskiedenis van onderlinge konflik oor die  Nagorno-Karabakh wat gelee is in die Azerbaidjan gebied maar wat beheer word deur die etniese Armeniërs. 

Nagorno-Karabakh  se woordvoerder sê 16 van sy mense het omgekom en meer as ʼn 100 is ernstig geword met die lugaanval wat Sondag deur die Azerbaidjan magte uitgevoer is en wat opgevolg is met artillerie aanvalle.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Sondag gesê die konflik tussen die twee lande moet so spoedig moontlik beëindig word, en het onderneem om diplomate na die gebied te stuur vir onderhandelings met die twee groepe.

Rusland het versoek dat ʼn skietstaking in werking kom, en Turkye het steun beloof aan Azerbaidjan, wat die spanning nog verder verhoog het.