VSA stop Sjinese invoere oor arbeid

Die Trump administrasie van Amerika het bekend gemaak dat die invoer van goedere uit die Sjinese Xinjiang provinsie gestop word weens die arbeids beleid wat toegepas word.

Die provinsie maak gebruik van dwangarbeid met die gevolg dat die twee belangrikste produkte wat uitgevoer word, katoen en tamaties, nie langer deur die VSA gekoop sal word nie.

Die besluit kan Amerikaanse kleinhandelaars raak, maar kan ook ernstige gevolge inhou vir die Sjinese provinsie wie se industrie swaar getref sal word.

 Die dwangarbeid wat toegepas word op n minderheidsgroep Moslems wat in kampe woon is ʼn jarelange praktyk wat nou eers aan die lig gebring is, en die VSA se verbod op invoere sal glo ʼn reeks ander produkte uit die Sjinese provinsie ook raak.

Nywerhede in die provinsie het n reeks verwerkte produkte uit tamaties en katoen wat na die VSA as hul belangrikste kliënt, uitgevoer word.