VSA presidentsverkiesing

Die gemoedere is aan die oplaai in Amerika en die Republikeine sowel as die linkse Demokrate is besig om die twee kandidate, President Donald Trump en die voormalige vise-president, Joe Biden, aan te val en te blameer vir alles wat verkeerd is in die land.

Trump is bekend daarvoor dat hy soms omstrede opmerkings en uitlatings maak, wat dikwels ver van die waarheid le, met om later die teenoorgestelde standpunt in te neem.

Hierteenoor is Joe Biden ewe skuldig. Hy verwar feite en verdraai dit tot ontsteltenis van sy eie ondersteuners, waarvan die jongste sy uitlating is dat 200 miljoen mense in die VS reeds dood is van koronavirus infeksie, terwyl dit 200,000 moet wees.

Dit is ook nie die eerste keer dat Biden se somme nie klop nie, en het die kiesers begin wonder of Biden wel goed genoeg is om president van die VSA te word.

Tans loop hy voor met soveel as 6% teenoor Trump, en is sy insameling van geld veel hoër as die van die Republikeine.

Die Republikeine glo egter dat die faktore waaroor die Demokrate juig en wat vir hulle na ʼn oorwinning wys, weer misleidend is soos in 2016 toe Hillary Clinton ook meer geld ingesamel het en die peilings aangedui het dat sy die oorwinnaar sal wees.

Die jongste deel van die stryd tussen die twee partye wentel om die aanstelling van ʼn regter in die plek van die 87 jarige regter wat enkele dae te vore oorlede is en ʼn Demokrate se aanstelling was.

Die dispuut oor wanneer die nuwe regter genomineer en aangestel mag word, het humeure laat styg met Trump wat gesê het dit moet so gou moontlik gedoen word, maar die Demokrate skop daarteen, wetende as Trump se nominasie voor die verkiesing is, gaan die Republikeine die meerderheid regters in die Hooggeregshof kry.

Dit is dus ʼn verbete stryd tussen twee partye wat nie een hom veel; bemoei met wat in Suid-Afrika gebeur nie, en wie ook al die Wit Huis  gaan beheer, sal dit geen verskil maak aan Suid-Afrika se toekoms nie.