VSA peiling lewer verrassings

In ʼn pas voltooide meningspeiling wat op nasionale vlak gehou is deur ʼn studiegroep van ʼn universiteit het bevind dat Joe Biden, die amptelike presidentskandidaat van die Demokrate sowat 7% voorsprong het op President Trump.

Die meningspeiling toon egter dat 55% van die deelnemers meen dat President Trump weer die presidentsverkiesing gaan wen, terwyl net 3 uit elke tien deelnemers reken Biden sal wen.

Die peiling toon ook dat Biden se algemene voorsprong op die totale aantal stemme wat deur Trump getrek gaan word, die meerderheid is want 6 uit elke 10 deelnemers meen daar is Republikeine wat nie wil bekend maak dat hulle Trump steun nie.

In die 2016 verkiesing teen Hillary Clinton het die media deurgaans daarop gewys dat sy die verkiesing gaan wen, en politieke ontleders meen dit kan vanjaar weer wees dat Biden as wenner voorgehou word, maar dat Trump die wenner sal wees.