VSA onttrek troepe uit Irak

Die Trump-administrasie het bevestig dat meer as 2,000 van sy troepe in Irak uit die land onttrek gaan word, aldus die VSA Sentrale Bevelvoerder.

Die vermindering van Amerikaanse troepe in die Midde-Ooste, is deel van President Trump se beleid soos hy tydens sy verkiesingsveldtog in 2016 onderneem het.

Duitsland het intussen ook aangekondig dat hy sy troepemag in die gebied gaan verminder wat tans diens doen in verskillende lande van die Midde-Ooste.

Generaal Frank McKenzie, bevelvoerder en hoof van die VSA magte in die Midde Ooste sê die onttrekking beteken dat die oorblywende troepemag nou sowat 3,200 man is.

Die Amerikaanse magte was in die afgelope drie jaar ten nouste gemoeid met die vernietiging van die Islamitiese Staat terroriste wat groot gebiede beheer het in Midde Oosterse lande soos Irak, maar hulle mag is gebreek met die hulp van die Koerdiese vegters wat goed onderlê is met die stryd teen terroriste.

Die Duitse Minister van Verdediging het die indruk gelaat dat sy land slegs sowat 500 troepe in Irak sal aanhou vir die volgende jaar.