VSA herroep visas van Sjinese studente

Die Amerikaanse regering het amptelik aangekondig dat meer as 1,000 Sjinese studente se visas gaan herroep word.

Dit is die eerste reaksie van die staat nadat President Donald Trump strenger maatreëls aangekondig het wat ook meebring dat nuwe studente uit Sjina nie toegelaat sal word nie.

Dit wil lyk of die eerste studente se visas reeds herroep is en dat die res binne enkele dae herroep sal word, wat wye inplikasies inhou vir diegene wat daardeur geraak word.

President Trump het in ʼn verklaring gesê die optrede het nodig geword nadat vasgestel is dat Sjina die studente na die VSA stuur met die doel om sensitiewe inligting en tegnologies gevorderde inligting te bekom.

Die VSA het Sjina ook daarvan beskuldig dat hy probeer om navorsing werk van universiteite oor die Covid virus te steel, wat dit gevolglik noodsaaklik maak om die VSA te beskerm teen sulke optrede.