VSA: Grootskaalse inmenging in verkiesing

Rusland, Sjina en Iran het kapers wat die VSA presidentsverkiesing as teiken gestel het en met grootskaalse inmenging besig is met die verkiesing om die draai vroeg in November.

Deskundiges reken die inmenging operasies het in die afgelope maande gekonsentreer op intelligensie byeenkomste, en die VSA se tegniese reus, Microsoft, sê die Russe, Sjinese en Iran se kapers operasies het beide President Trump en Joe Biden se veldtogte in die visier.

Microsoft sê dit is duidelik dat die kapers het hulle pogings verskerp met die 2020 verkiesing en is ʼn hewiger aanslag as wat aanvanklik vermoed is.

Dit is egter onduidelik watter invloed die driue lande se kapers het op die totale uitkoms, maar kenners wts daarop dat die pogings ingestel is daarop om Joe Biden in die wen posisie te stel sodat al drie lande weer verbeterde betrekkinge sal kan vestig met die VSA.

Rusland sal graag die sanksies teen hom verwyder wil kry, en Iran sal wil sien dat die kernverdrag soos deur Obama aangegaan is, herstel word, terwyl Sjina smag na n handelsooreenkoms wat tans nie bestaan nie.