Vorm van lewe op Venus

Wetenskaplikes het die teenwoordigheid van ʼn unieke gas ontdek op die planeet Venus wat dui op die moontlikheid van ʼn teken van ʼn soort primitiewe lewe.

Alhoewel dit nie beteken dat klein groen mannetjies daar rond stap nie, is dit ʼn bemoedigende teken dat daar iewers binne bereik ʼn planeet kan wees wat ʼn vorm van lewe het.

Die wetenskaplikes het die aankondiging Maandag gedoen van ʼn moontlikheid dat die buur planeet ʼn eenvoudige vorm van lewe huisves, en dit in die gesaghebbende Nature Astronomy joernaal gepubliseer.

Die wetenskaplikes werk met teleskope wat in Hawaii en in Chili is, en het die tekens van wolke gevind wat fosfien bevat, wat ʼn soort gas is wat op die Aarde verbind word aan lewe.

Die mede-aanbieder van die program, David Clements, verbonde aan die Imperial College van Londen sê dit is ʼn baie geringe moontlikheid dat daar lewe is, maar dit is ʼn teken wat verdere studie en navorsing regverdig.

Alhoewel hy die ontdekking slegs ʼn 10% moontlikheid gee dat daar wel lewe is op Venus, kon sy entoesiasme oor so ʼn moontlikheid nie gedemp word nie,

Op Aarde is die voorkoms van fosfien gas slegs teenwoordig in die produk van industriële prosesse wat gebruik is in chemiese stof gedurende Wêreldoorlog 1 of ook in die uitset van ʼn onbekende proses in sekere diere en mikro-organismes.

Die gas word egter ook gevind in water wat onder sekere omstandighede oor lang tye onderwerp is en wat dan sulke organismes ontwikkel.