Voormalige premier waarsku Johnson

Die voormalige Britse Eerste Minister, David cameron, het hom aangesluit by ander meningsvormers in Brittanje en premier Boris Johnson sterk teengestaan oor sy voorneme om die ooreenkoms met die Europese Unie te laat vaar.

Cameron het sy ernstige kommer uitgespreek en gesê die plan van Johnson is ook ʼn verbreking van die internasionale wette, en kan nie goedgekeur word nie.

Cameron sê die plan van Boris Johnson om eers n wet deur die parlement te stoomroller, om daarmee die reg te bekom om die ooreenkoms met die EU te verbreek, is n baie lelike fout en die heel laaste ding wat gedoen mag word. Dit is die verbreking van ʼn wettige ooreenkoms wat deur Brittanje onderteken is, en durf nie verbreek te word nie.

Die standpunt teen Johnson se voorneme is ook deur die voormalige premier, Tony Blair onderskryf, en selfs John Major het hom by die twee ander oud parlementariërs geskaar.

Eerste Minister Boris Johnson het egter gereël dat die voorgestelde wetgewing gedebatteer word in die parlement, waarna ʼn stemming gehou sal word, maar die druk is sodanig dat politieke ontleders meen die beoogde wetgewing sal nie suksesvol deurgevoer word nie.