Vlak 1 grendel tyd is hier

Die ANC president het gisteraand in ʼn veel korter toespraak as gewoonlik die aankondiging gemaak dat Vlak 1 wat volgende week van krag word.

Die sosiale maatreëls bly steeds van krag. Maskers, 2 meter afstand tussen mekaar, was hande gereeld, moenie aan masker vat nie, en maak seker die winkel en kantore pas reëls toe soos in die verlede.

Geringe veranderings word toegelaat soos kerk bywoning mag 250 mense wee, en as dit in die buitelug is, word 500 mense toegelaat.

Die rugby hervat sy program en sal deur die warm Desember wedstryde speel, maar toeskouers word nie toegelaat nie.

Deskundiges het aan Die Vryburger gesê dit is raadsaam om streng by die sosiale reëls te bly en nie op hierdie stadium dink die virus het verdwyn nie.

As mense tot hier “skoon” gebly het, moet hulle alles moontlik doen om virus vry te bly deur versigtig te wees en maatreëls streng gehoorsaam.