Vlak 1 Grendel maatreëls kom

Die Minister van Gesondheid, dr.  Zweli Mkhize, het gesê Suid-Afrika het dit nodig om na Vlak 1 van die Grendel maatreëls te beweeg en terug te keer na ʼn “soort normale leefstyl” met die hantering van die koronavirus pandemie.

Die ANC president, Cyril Ramaphosa is egter vasgevang in vergaderings en het die SA Nasionale Redakteurs forum toegespreek en enkele wenke uitgewys wat moontlik verwag kan word wanneer hy eersdaags ʼn aankondiging maak.

Hy sê die regering oorweeg dit om sekere aanbevelings te aanvaar afhangende hoe die infeksie gevalle is, en alle moontlike opsies word ter tafel geneem.

Intussen het sakelui, veral in die Wes-Kaap, daarop aangedring dat die provinsie geheel en al buite die Grendel maatreëls gelaat moet word om terug te keer na die omstandighede voor die aanvang van die pandemie.

IBerigte lui dat Ramaphosa ook ʼn vergadering sal lei waar die Nasionale Ekonomiese Ontwikkeling en Arbeid Raad, bekend as Nedlac, teenwoordig is om die moontlikhede van ekonomiese herstel en die pad vorentoe te bespreek.