Virus: Wetenskaplikes verbaas oor Afrika

Wetenskaplikes is steeds aan die kop krap oor die Covid-19 situasie in Afrika waar die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) voorsien het dat ʼn ramp die Afrika kontinent kan tref.

Die wetenskaplikes kry geen verklaring waarom die verwag 300,000 sterftes nie werklikheid geword het soos wat hulle voorsien het nie, en dat dit slegs 36,000 is wat weens infeksie gesterf het op die kontinent.

Die kontinent se totale infeksies het die week op 1,4 miljoen te staan gekom, en word n sterfte syfer van 2,4% weerspieël, wat vir die wetenskaplikes onverklaarbaar bly.

Europese lande het ʼn sterfte syfer van tot 11% gehad, en dit is redelik algemeen oor die wêreld ondervind, behalwe die Afrika kontinent met sy swak gesondheid infrastruktuur.

Kenners van Afrika toestande wys daarop dat die sosialisering in Afrika veel minder is, dat winkels en vliegtuie selde besoek en gebruik word, wat alles bydrae tot laer infeksies, maar dat die Afrika inwoners veel meer blootgestel word aan direkte sonlig, wat ook help teen infeksie.