Virus: Sterftes styg tot een miljoen

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) het bekend gemaak dat die koronavirus pandemie reeds meer as een miljoen mense se lewens geeis het in die wêreld.

Frankryk, Nederland en Brittanje is van die eerste lande wat hulle maatreels weer verskerp het nadat die moontlikheid van ʼn tweede pandemie in verskeie Europese lande opgevlam het.

Die John Hopkins Universiteit het ook bevestig dat hulle gegewens dui op die moontlikheid van ʼn opvolg pandemie as lande en hulle owerhede nie die verspreiding van infeksie doeltreffend beheer nie.

Die VSA het steeds die grootse aantal infeksies, met Indië, Brasilië, Meksiko, Brittanje, en Argentinië wat almal ernstige krisisse beleef wat kan lei tot ʼn tweede uitbreking.

Finansiële deskundiges waarsku dat ʼn tweede pandemie talle lande se finansiële ondergang sal beteken, en sal waarskynlik dekades neem om weer te herstel.