Virus slaan toe op Argentinië

Uit Buenos Aires word berig dat die stad 90% van die land se totale Covid-19 virus  infeksies dra, en dat die 500,000 gevalle maar die begin van ʼn veel groter krisis gaan word.

Gesaghebbendes in die stad sê die krisis word al groter omdat die pandemie in die hoofstad nou uitbrei na ander dele van die land wat veelk swakker toegerus is met gesondheidsdienste.

Waarnemers in die land wys daarop dat die infeksie gevalle die afgelope weke met groot spronge vermeerder het, en die meer as 10,000 sterftes getuig reeds van die ernstige toestand waarin die land hom bevind.

 Argentinië se gesondheid infrastruktuur is uiters beperk en is hoofsaaklik in die hoofstad ontwikkel terwyl die res van die land baie swak toegerus is.

Die Minister van Gesondheid sê die aantal nuwe infeksies wat weekliks aangemeld word, is sowat die helfte van al die gevalle wat getoets is, en waarnemers reken so ʼn verhouding kan katastrofiese gevolge inhou.