Virus: Latyns-Amerika word nuwe brandpunt

Die nuwe infeksies van die koronavirus het die 8 miljoen merk verbygegaan in die Latyns-Amerikaanse state en word die kontinent ʼn nuwe Covid-19 brandpunt.

Die Suid-Amerikaanse streek is nou die gebied met die grootste aantal infeksies ter wêreld, en wetenskaplikes waarsku dat die toestand nog kan vererger voor entstof beskikbaar is.

Daar is vasgestel dat die verspreiding van die virus in sekere dele geleidelik aan die afneem is, en is klaarblyklik in lande waar die maatreëls strenger toegepas word.

Gedurende die afgelope week was die daaglikse styging in nuwe infeksies sowat 67,000 elke 24 uur, en sedert verlede Woensdag het die daaglikse toename tot byna 81,000 gestyg.

Die toestand in Brasilië bly haglik en is die ergste van al die Latyns-Amerikaanse state met 4,2 miljoen infeksies en byna 130,000 sterftes en die land se daaglikse toename in nuwe gevalle het ʼn gemiddelde toename van 40,000 per 24 uur.