Virus: Brasilië kanselleer grootste fees

Vir die eerste keer in meer as 100 jaar is die beroemde straat parade gekanselleer wat geskeduleer is vir Februarie 2021 en die organiseerders het nog geen alternatiewe datum bepaal nie.

Rio de Janeiro se wêreld beroemde Karnaval sal nie volgende jaar Februarie aangebied word nie weens die impak van die koronavirus pandemie wat die land in ʼn erge krisis gedompel het.

Jorge Castanheira, president van die groep wat in beheer is van die reëlings en aanbieding sê die gevolgtrekking is gemaak ter wille van die lewens van baie mense wat bedreig sal word met die hou van ʼn reuse karnaval soos dit wat Rio altyd aanbied.

Die Rio Karnaval word beskou as die grootste feesgeleentheid van die wêreld, en lok miljoene mense van oor die wêreld elke jaar, wat ook ʼn enorme inkomste lewer aan die stad.

Die “opleiding skool” wat jaarliks die voorbereidings doen vir die feestelikheid se parades sê die tyd is nou te min om die reëlings agtermekaar te kry en opleiding te gee aan diegene wat aan die skouspelagtige parades moet deelneem.

Die land sukkel om beheer toe te pas teen infeksie verspreiding, en die 30,000 nuwe infeksies wat elke 24 uur aangemeld word, is die land nie in ʼn posisie om so n reuse fees aan te bied wat miljoene mense uit ander lande kan bedreig nie, en waarnemers reken die fees sal nie ʼn sukses wees sonder buitelandse belangstelling wat moontlik verbeur sal word nie.