Virus: Argentinië vyfde grootste

Die infeksies het so vinnig versprei in die Suid-Amerikaanse staat Argentinië, dat hy nou as die vyfde grootste in die wêreld is met infeksies.

Die infeksies het reeds die afgelope Saterdag die 700,000 merk bereik en die daaglikse toename en sterftes het die gesondheidsowerheid diep bekommerd.

Die maatreëls wat die afgelope sewe maande toegepas is, het nie die vinnige verspreiding van infeksie bekamp nie, en ʼn gemiddelde van meer as 11,000 nuwe gevalle word elke 24 uur aangemeld.

Met die lande Indië, VSA , Frankryk, en Brasilië, het Argentinië die vyfde plek ingeneem vir die grootste aantal infeksies, terwyl die land met sy swak ekonomie en enorme skuldlas, dit moeilik vind om strenger grendel maatreëls in te stel.

Daar het reeds sowat 15,600 mense gesterf weens infeksie, en die swak infrastruktuur van die gesondheidsdienste dra by tot die krisis van die pandemie.